Resensie van Sterrekunde Binne Bereik

'n Resensie uit Weg tydskrif, Desember 2012.

 

 

 

 

 

 

 

 

"Sterrekunde! onmoontlik om te verstaan en waansin om te ondersoek," het die Griekse dramaturg Sophokles in 420v.C. geskryf.

Neville Young, 'n ywerige amateursterrekundige van Pretoria wat al langer as 25 jaar lid is van 'n plaaslike sterrekundevereeniging, stem beslis nie saan met hierde antieke Griek se steliing nie. Sy omvattende gids is eerder 'n uitnodiging om die sterre beter te verstaan.

Met meer as 200 kleurfoto's en diagramme, 'n fokus op die Suid-Afrikaanse hemelruim en interessante brokkies inlighting is hierdie 'n unieke en hoogs bruikbare gids (ook in Engels beskikbaar as Astronomy Within Reach). Dit maak sterrekunde as stokperdjie "toeganklik vir elke mens met 'n ondersoekende gees"
.

En nee, jy hoef nie 'n peperduur teleskoop aan te skaf of al die pad Sutherland toe te ry om die hemelruim behoorlik te bekyk nie.

Young wys jou watter wonderlike dinge jy met die blote oog kan warneem en hoe jy met 'n gewone verkyker die mane rondom Jupiter kan dophou.


- Erns Grundling