Kommentaar op Sterrekunde Binne Bereik

Louis Lombaard

Ek wil jou baie gelukwens met jou (die vertaler Bosman Olivier) uitstekende werk . Ek het nou reeds die eerste vyftig bladsye gelees en dit lees so vloeiend asof dit oorspronklik in Afrikaans geskryf is. Baie dankie daarvoor. Dit is wonderlik om al die terme in behoorlike en keurige Afrikaans te hê. Ek probeer die Afrikaanse terme ook by my kleinkinders inskerp.

Ek is baie beïndruk met wat ek tot sover gelees het. Nou nie dat ek 'n kenner is nie maar ek het al heelwat Sterrekundeboeke gelees en Neville Young se aanslag is nuut en vars en baie stimulerend. Ek ken hom nie maar dra tog maar my gelukwense aan hom ook oor as jy hom sien.  Dankie vir die geweldige inset wat julle twee tot die uitdra van die Sterrekunde en jy in besonder vir Afrikaanse Sterrekunde gelewer het.

Ek beplan om vir beide my kinders se gesinne ook eksemplare van die boek te gee.

Louis Lombaard